
=====================================================================
Die Missie se taak:
=====================================================================


Wat behels die verslag?


In Februarie 1993 het die ANC, COSATU, SACP en SANCO 'n groep mense saamgestel om omgewingsake in Suid-Afrika te ondersoek. Dit is die Internasionale Omgewingsbeleid Missie genoem. Dit is deur die Internasionale Ontwikkelings Ondersoek Sentrum van Kanada ondersteun.


Twaalf voltydse lede het op die Missie gedien: Ses Suid-Afrikaners, en een lid elk van Kanada, Indi, Kenia, Maleisi, Uganda en Zimbabwe. Daar was ook vier deeltydse Suid-Afrikaanse lede en drie kwekelinge. Die name van die Missie-lede word agter in die verslag gepubliseer.


Die Missie het deur die land gereis en mense, gemeenskappe en organisasies oor omgewingsake gekonsulteer.


Die Missie-lede het 'n voorlopige verslag saamgestel, gebaseer op die kennis wat hulle opgedoen het met hulle reis deur die land.

Daarna het die Missie-lede vergaderings gehou met organisasies, groepe en individue om die voorlopige verslag te bespreek. Die voorlopige verslag is aan President Mandela voorgel. Regeringsministers en -amptenare, bedryfsverteenwoordigers, vakbonde, nie-regerings organisasies, omgewingswetenskaplikes en burgerlike organisasies is ook te woord gestaan.


Verskeie mense het kommentaar op die verslag aan Missie-lede gestuur. Die Missie-lede het toe die finale verslag geskryf. Hierdie document is 'n vereenvoudigde weergawe van daardie verslag sodat alle Suid-Afrikaners dit kan verstaan.

Die doel van hierdie verslag is om voorstelle te doen hoe die nuwe regering, en alle Suid-Afrikaners, kan verseker dat die omgewing behoorlik beskerm word.

Die Missie se taak:

Die missie is gevra om die huidige situasie te ondersoek en voorstelle te maak vir die toekoms, aangaande:

* Beleidsrigtings en bedrywighede in Suid-Afrika wat die omgewing benvloed

* Die manier waarop omgewingsbeleid geformuleer word

* Of omgewingsake ingesluit is in Regeringsbeleid en -optrede asook met betrekking tot behuising, boerdery, elektrisiteitsvoorsiening, ensovoorts

* Hoe maklik dit vir die publiek is om inligting te kry oor omgewingsake

* Hoe daar in Suid-Afrika vir omgewingsprogramme betaal word

* Die wette wat die omgewing beskerm, en of die wette goed genoeg is, en

* Hoe ons vergelyk met ander lande wat omgewingsbeskerming aanbetref

Die Missie het ondersoek ingestel of omgewingsbeleid en -programme in Suid-Afrika aan die behoeftes van vroue en werkers voldoen.


Die Missie het ook omgewingsopvoeding, metodes hoe om kapasiteit te verhoog en hoe om mense oor omgewingsake op te lei, bestudeer.


---------------------------------------------------------------------

Back to Table of Contents


